Agter die skerms – grepe uit die verlede

$ 11.02

= Author Information = Additional Product Information Kobus Meiring Kobus Meiring is in 1936 in die Paarl gebore en het op Stellenbosch grootgeword.  Hy matrikuleer aan die Paul Roos Gimnasium in 1952 en verwerf die grade B.Comm. en LL.B. aan die Universiteit van Stellenbosch in 1957. Na ’n suksesvolle loopbaan in die privaatsektor by Trust Bank in Kaapstad en by die KWV en Sasko in die Paarl, tree hy toe tot die politieke toneel. Gedurende die volgende 25 jaar beklee hy verskeie posisies, onder andere as lid van die Provinsiale Raad van die destydse Kaapprovinsie, as lid van die Volksraad, en as adjunkminister van Buitelandse Sake. Daarna was hy die veertiende en laaste administrateur van Kaapland, en ná 1994 dien hy onder andere as minister van Finansies van die Wes-Kaap in die nuwe bedeling. Gedurende sy politieke loopbaan beleef hy eerstehands die dramatiese aanpassings van die laaste dekades van die vorige eeu. In hierdie terugblik vertel hy van sy ervarings van die gebeure wat gelei het tot die nuwe Suid-Afrika, en van die interessante mense met wie hy te doen gekry het. View Author Profile  Pages 180  Cover Soft Cover 0 Size (Length x Width x Depth) 229 x 152 x 10.5  Weight 270g
Category: