Boompie Alleen: Herinneringe van ‘n Sendinggesin
$ 11.57
= Author Information = Additional Product Information Coenraad Brand Coenraad Brand is op 18 Julie 1939 op die Morgenster Sendingstasie in Suid-Rhodesië gebore as derde seun van Coen en Ettie Brand. Sy kinderjare is op Morgenster en later Chibi Sendingstasie deurgebring, waar sy vader as onderwyser en later as hoof van die Normaalskool gewerk het. Hy het laerskool op die sendingkinderskool voltooi en daarna saam met sy broer die Andrew Louw School buite Fort Victoria bygewoon. Hoërskool is voltooi in Villiersdorp, waar hy in 1959 gematrikuleer het. Aan die Universiteit van Stellenbosch het hy sy BA Admissie-graad voltooi met Hebreeus en Sosiologie as hoofvakke, en later ‘n honneursjaar in Sosiologie gevolg. Gedurende sy studies het die politieke veranderinge in Afrika hom laat besluit om nie predikant te word nie, maar eerder ’n akademiese loopbaan na te jaag. Hy het ’n Abe Bailey-beurs ontvang om aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, te studeer. In dié tyd het hy vir Marléne Basson ontmoet, en hulle is in 1965 in San Francisco getroud. Ná twee en ’n half jaar in die VSA het Brand ’n Wêreldraad van Kerke-beurs ontvang vir navorsing in Nederland. Daar het Marléne as fisioterapeut in Hilversum gewerk. Hulle dogter Heléne is kort voor hul terugkeer na Suid-Afrika gebore. Weens internasionale akademiese sanksies teen Suid-Afrika is planne om elders in Afrika te werk, belemmer. Brand aanvaar toe ’n dosente-pos in Sosiologie aan die University College of Rhodesia in Salisbury, waar hy besef het dat dit sy roeping was. Hy en sy gesin het 43 jaar lank in Harare gewoon. Ná sy aftrede in 2011 het hulle na Bulawayo verhuis om nader aan hul dogter Heléne, haar man John Stambolie en hul kinders te wees. View Author Profile Pages 122 Cover Soft Cover 0 Size (Length x Width x Depth) 229 x 152 x 7,4 Weight 194g
Category: Karty Sieciowe
