Predikantsvrou én vrou in eie reg
$ 15.04
Predikantsvrou én vrou in eie reg – 26 hart-stories bevat verhale van en oor predikantsvroue. Dit is eerlike, diep menslike stories vanuit die hartseer konteks van ons verdeelde land; dit vertel van persoonlike opoffering, die stryd teen onreg en dikwels ook van eensaamheid en vertwyfeling. Dit is egter ook vrolike verhale, vol humor en deernis. Die boek bring daarom ’n ruiker aan sterk vroue, vroue in eie reg, dapper vroue wat reusebydraes in diens van die kerk en koninkryk van God gelewer het en dit steeds doen. Hulle is méér as net predikantsvroue; vanuit elkeen se unieke talente en roeping lewer hulle veelkantige en veelkleurige bydraes, behou hulle die geloof, en dien hulle inderdaad as rolmodelle vir ons almal. Hierdie boek is ’n viering van vrouwees – dit verdien om wyd gelees en waardeer te word. CLF is bevoorreg om by die publikasie van hierdie boek betrokke te wees.
Category: Karty Sieciowe
